aanwysings

Let wel: Die padaanwysings word in 3 fases opgedeel omrede Google Maps geneig is om mense snaakse paaie te laat ry. Die aanwysings is van Gauteng af, as jy vanuit ‘n ander rigting kom, kyk hoe jy hierby kan aanpas of kontak ons gerus. (Gideon – 0834577788)

Fase 3 is die aanwysings vanaf die plaashek tot by die Kampvuur – daar is geen link of Google Maps vir dit nie!

Fase 1: Tot by Outhere24 in Nylstroom
Volg die skakel op Google Maps tot by Outhere24 wat by die laaste verkeerslig in Nylstroom (Modimolle) is.
Klik op die skakel -->  Outhere24
 
As jy sou verkies om aanwysings te lees in plaas van Google Maps te gebuik kan jy die volgende gebruik:
  • Vat die N1 Noord uit pretoria uit
  • Jy gaan 3 tolhekke kry op die pad

Pumulani tol-hek sowat R13.50
Carousel tol-hek sowat R62.00
Kranskop tol-hek sowat R14.00

  • BELANGRIK!!! Hou heel LINKS by die laaste tol-hek (Kranskop). As jy nie links hou nie gaan jy nie R14.00 betaal nie en heelwat verder ry as wat jy moet ry
  • Na Kranskop tol-hek (as jy links gehou het) sal jy n klein oprit ry tot by n stopstraat waar jy links moet draai
  • Volg die pad tot in die dorp Nylstroom
  • Hou reguit deur die dorp tot by die laaste verkeerslig waar jy Outhere24 sal sien.
 
Fase 2: Vanaf Outhere24 tot by die plaashek
Plaashek “location” skakel: --> Sikilele Safari
 
Of puntsgewysde aanwysings as jy dit verkies:
  • Regs by die verkeerslig by Outhere24
  • Jy is nou net meer as 12km van die plaas af
  • Op die pad sal jy Nantes Padstal kry op regterkant, jy is nou sowat 3km van die plaas af
  • Sodra jy Hotspot Padstal kry op regterkant kan jy brieke aanslaan anders gaan jy die plaas mis
  • Die hek is op linkerkant.
Fase 3: Tot by die Kampvuur
Hier is nou nie n skakel om te volg nie, jy gaan maar die aanwysings op die ou manier verder moet volg:

  • Skuif die hek oop ry in en MAAK AGTER JOU TOE
  • Ry met die 2 spoor paadjie tot teenaan die berg
  • Draai links
  • Volg die 2 spoor paadjie totdat dit n sement paadjie word en weer n grond paadjie
  • Volg die pad tot jy deur n dippie ry en draai dan regs
  • Stop by die 2de groen skadunet weerskante van die pad waar jy n plekkie kry
  • Agter die groen skadunet tussen die bosse is daar n bruggie
  • Loop oor die bruggie en hou links tot jy die kampvuur sien
  • Kom se hello by die kampvuur dat ons jou kan wys waar jy slaap

Julle is welkom om Vrydag van vroeg tot laat op te daag – soos wat dit vir julle moontlik is. As jy dus so deur die loop van die oggend of middag kan inval, maak gerus so, bring net jou eie eet en drinkgoed tot aandete. Aandete sal reg wees van vroeg aand tot laat aand ongeag hoe laat jy daar aankom.

En kom maar met ‘n groot honger (in alle opsigte), ons is nie bang nie…!